Leksikograaf Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
anys
Afbreking: a•nys
Uitspraak: /aˈnəis/
Selfstandige naamwoord: anys
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Eenjarige, kruidagtige plant, Pimpinella anisum.
Gebruik:
• Anys word gebruik vir die aromatisering van geregte en kan daarnaas 'n medisinale werking hê.
• Terwyl die blare van die anysplant as 'n kruie gebruik kan word, is dit hoofsaaklik die saad wat gebruik word om te kook.
Afgelei:
• anysplant
• anyssaad
Vertaling:
Engels: anise
Nederlands: anijs
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.