Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dartel
dartel [boodskap #130551] Sun, 29 March 2020 07:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dartel
Afbreking: dar•tel


Werkwoord: dartel
Verlede tyd: het gedartel

Betekenis:
• Speels en vrolike baljaar.

Gebruik:
• Die dolfyne dartel in die branders en die gaste kan saam met hulle swem, branderplankry of skubaduik.

Vertaling:
Engels: to frolic, cavort, play
Nederlands: dartelen


Byvoeglike naamwoord: dartel
Vergrotende trap: darteler
Oortreffende trap: dartelste
Attributief: dartele

Betekenis:
• Geneig tot uitbundige en vrolike gedrag.

Gebruik:
• Die dartele kalwers was 'n lus vir die oog.

Afgelei:
• darteldawie
• dartelend
• dartelende
• dartelheid
• dartelrig

Vertaling:
Engels: frisky, frolic, playful, gamesome, sportive
Nederlands: dartel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: apartheid
Volgende onderwerp: anys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 04:10:29 UTC 2025