Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laatlam
laatlam [boodskap #130543] Sat, 28 March 2020 17:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
laatlam
Afbreking: laat•lam
Samestelling: laat + lam


Selfstandige naamwoord: laatlam
Meervoud: laatlamme
Verkleinwoord: laatlammetjie
Meervoud van verkleining: laatlammetjies

Betekenis:
• 'n Kind wat gebore is op 'n tyd wat die ouers nie meer gedag het dat hulle nog kinders sou hê nie, en wat heelwat jonger as die ander kinders is.
• 'n Lam wat na die verwagte lamseisoen gebore word.

Gebruik:
• Sy het op 40 onverwags met 'n laatlam swanger geraak.
• Die ooi het haar laatlam verwerp, waarna ons hom hans grootgemaak het.

Afgelei:
• laatlam-boetie
• laatlam-sussie

Vertaling:
Engels: caboose child; late lamb
Nederlands: nakomer

Nota:
• Grappenderwys, 'n oorstootdrie in beseringstyd.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skrifverklaarder
Volgende onderwerp: wisselkoers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 04:52:54 UTC 2025