Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wig
wig [boodskap #130537] Sat, 28 March 2020 12:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wig.
'n Wig.
wig
Afbreking: wig
Uitspraak: /vəχ/


Selfstandige naamwoord: wig
Meervoud: wigge, wîe
Verkleinwoord: wiggie
Meervoud van verkleining: wiggies

Betekenis:
• 'n Voorwerp van metaal of hout met 'n skerp punt waarmee iets vasgeklem of gekloof word.
• (figuurlik) Skeiding bring.

Gebruik:
• Dit is makliker om hout met 'n skerp wig as met 'n stomp wig te kloof.
• Die beleid van verskroeide aarde en aanhouding van vrouens en kinders in konsentrasiekampe met hoë sterftesyfers, het ’n wig tussen Afrikaners en Engelse ingedryf.

Afgelei:
• wighoek
• wigskrif
• wigstuk
• wigvormig

Vertaling:
Engels: wedge, quoin
Nederlands: wig


Selfstandige naamwoord: wig
Meervoud: wigte
Verkleinwoord: wiggie
Meervoud van verkleining: wiggies

Betekenis:
• (digterlik) 'n Klein kind.

Gebruik:
• Hoe kan moord op 'n onskuldige wig ooit goedgepraat word?

Vertaling:
Engels: baby, child, bairn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wynruit
Volgende onderwerp: wy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 05:19:23 UTC 2025