Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » yster
yster [boodskap #130535] Sa., 28 Maart 2020 12:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26824
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Yster word gesny.
Yster word gesny.
yster
Afbreking: ys•ter
Uitspraak: /ˈəɪ̯s.tər/, /ˈəistər/


Selfstandige naamwoord: yster
Meervoud: ysters
Verkleinwoord: ystertjie
Meervoud van verkleining: ystertjies

Betekenis:
• 'n Chemiese element en metaal met die simbool Fe en atoomgetal 26.
• 'n Voorwerp wat van yster of staal gemaak is.

Gebruik:
• Yster is die swaarmetaal wat die meeste in die heelal voorkom.
• In die volksmond word yster dikwels gebruik vir materiaal wat eintlik staal, 'n legering van yster en koolstof, is.

Spreekwoord:
• Dit is ou lood om ou yster. [Daar is geen verskil tussen die twee nie.]
• Smee die yster terwyl dit warm is. [Van 'n gunstige geleentheid gebruik maak.]
• 'n Mens kan nie yster met hande breek nie. ['n Mens kan nie die onmoontlike doen nie.]

Afgelei:
• hoefyster
• ru-yster
• skroei-yster
• T-yster
• U-yster
• ystererts
• ysterfabriek
• ystergietery
• ysterhard
• ysterhoudend
• ysterklip
• ysterpen
• ysterperd
• ystersaag
• ystersmid
• ysterstaaf
• ystersterk
• ystervylsel

Vertaling:
Engels: iron
Nederlands: ijzer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: -pie
Volgende onderwerp: wynruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Okt. 13 06:35:30 UTC 2026