Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doolhof
doolhof [boodskap #130525] Sat, 28 March 2020 09:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Doolhof.
'n Doolhof.
doolhof
Afbreking: dool•hof
Samestelling: dool + hof
Uitspraak: /ˈduə̯ɫɦof/


Selfstandige naamwoord: doolhof
Meervoud: doolhowe
Verkleinwoord: doolhofie
Meervoud van verkleining: doolhofies

Betekenis:
• 'n Stelsel met allerlei gange, kronkel- en doodlooppaaie.
• (figuurlik) 'n Verwarde, ingewikkelde saak.

Gebruik:
• Mens kan jou maklik 'n doolhof teen 'n doodloop vasloop, waarna mens maar moet omdraai en 'n ander roete moet probeer.
• Die prokureur probeer sin maak van die doolhof van wetgewing en regulasies.

Sinoniem:
• dwaaltuin

Verwant:
• labirint

Vertaling:
Engels: maze
Nederlands: doolhof, dwaaltuin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: labirint
Volgende onderwerp: dwaaltuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 04:58:22 UTC 2025