| waternimf [boodskap #130522] |
Sa., 28 Maart 2020 08:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24156 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Portret van 'n waternimf.
waternimf
Afbreking: wa•ter•nimf
Samestelling: water + nimf
Selfstandige naamwoord: waternimf
Meervoud: waternimfe
Verkleinwoord: waternimfie
Meervoud van verkleining: waternimfies
Betekenis:
• 'n Mitologiese nimf wat waghou oor 'n fontein, put of waterstroom.
• 'n Waterjuffer (insek wat soos 'n onvolwasse naaldekoker lyk).
Gebruik:
• Sirinks was 'n lieflike waternimf van Arkadië, die dogter van Landon, die riviergod.
Sinoniem:
• najade
• riviernimf
• stroomgodin
Vertaling:
Engels: water nymph, naiad
Nederlands: waternimf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|