ultramodern [boodskap #130480] |
Wed, 25 March 2020 10:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ultramodern
Afbreking: ul•tra•mo•dern
Samestelling: ultra- + modern
Byvoeglike naamwoord: ultramodern
Attributief: ultramoderne
Partitief: ultramoderns
Betekenis:
• Wat oordrewe modern is; uiters nuwerwets.
Gebruik:
• Die eiendom is ultramodern en perfek vir net intrek.
Sinoniem:
• hipermodern
Antoniem:
• ouderwets
• verouderd
Hiperoniem:
• modern
Vertaling:
Engels: ultramodern, state-of-the-art
Nederlands: ultramodern
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|