gif [boodskap #130465] |
Tue, 24 March 2020 14:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gif
Afbreking: gif
Uitspraak: /χəf/
Selfstandige naamwoord: gif
Meervoud: giwwe, gifte
Verkleinwoord: giffie
Meervoud van verkleining: giffies
Betekenis:
• 'n Stof wat in kleine hoeveelhede skadelik of dodelik is.
Gebruik:
• Die boomslang het die sterkste gif van enige slang in Afrika, en 'n klein druppeltjie kan 'n mens doodmaak.
Spreekwoord:
• Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. [Mense wat klein van persoon is, het dikwels meer dryfkrag as groot mense.]
• Waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit. [Party mense vertolk die dade van hulle medemens altyd so ongunstig moontlik.]
Antoniem:
• teengif
Afgelei:
• gifdood
• gifgas
• gifkiem
• gifmoord
• gifplant
• gifpyl
• gifstof
• giftand
• giftig
• gifwerend
• vergiftig
Vertaling:
Engels: poison
Nederlands: gif
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|