Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spotprent
spotprent [boodskap #130459] Ma, 23 Maart 2020 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Franse spotprent van koningin Victoria en Paul Kruger.
'n Franse spotprent van koningin Victoria en Paul Kruger.
spotprent
Afbreking: spot•prent
Samestelling: spot + prent


Selfstandige naamwoord: spotprent
Meervoud: spotprente
Verkleinwoord: spotprentjie
Meervoud van verkleining: spotprentjies

Betekenis:
• 'n Komiese karikatuur. Prent van 'n persoon wat so geteken is dat mense daaroor sal lag.

Gebruik:
• In standerd agt publiseer S.G. Smidt 'n spotprent “Onderweg na die skool” in die koerant wat ’n onderwyser onder 'n sambreel uitbeeld terwyl 'n leerling sopnat reën.

Sinoniem:
• karikatuur

Afgelei:
• spotprentkunstenaar
• spotprenttekenaar

Vertaling:
Engels: caricature, cartoon
Nederlands: spotprent

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soldeerbout
Volgende onderwerp: stootskraper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 00:28:32 MGT 2024