riemtelegram [boodskap #130448] |
Sun, 22 March 2020 19:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20983 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
riemtelegram
Afbreking: riem•te•le•gram
Samestelling: riem + telegram
Selfstandige naamwoord: riemtelegram
Meervoud: riemtelegramme
Verkleinwoord: riemtelegrammetjie
Meervoud van verkleining: riemtelegrammetjies
Betekenis:
• 'n Los, onbevestigde (en soms ongegronde) gerug.
Gebruik:
• Boonop, moes hy kort daarna per riemtelegram ontdek dat sy hom gelos het vir sy beste vriend.
Sinoniem:
• bostelegraaf
• gerug
Vertaling:
Engels: grapevine, rumour
Nederlands: gerucht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|