Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loper
loper [boodskap #130431] Sun, 22 March 2020 07:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20983
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Loper.
'n Loper.
loper
Afbreking: lo•per


Selfstandige naamwoord: loper
Meervoud: lopers
Verkleinwoord: lopertjie
Meervoud van verkleining: lopertjies

Betekenis:
• Sleutel wat op baie slotte pas.
• Iemand (of iets) wat loop.
• Lang, smal tapyt of lap op 'n tafel.
• (skaak) 'n Stuk in skaak, wat enige afstand diagonaal beweeg; biskop.
• (plantkunde) Die lote of spruite van 'n plant waar groei plaasvind.
• (rekenaarwetenskap) Die pyltjie wat met die muis beweeg word; die wyser.

Gebruik:
• Die woonstelblok se opsigter het 'n loper sodat hy kon oopsluit waar en indien nodig.
• 'n Gereelde loper is gewoonlik fikser as iemand wat altyd orals heen ry.
• 'n Rooi loper is vir die eregaste uitgerol.
• Een loper begin tussen die koning se ruiter en die koning, die ander een tussen die dame se ruiter en die dame.
• Die wortelstok het 'n nuwe loper gevorm.
• Beweeg die loper na die regte knoppie en kliek daarop.

Afgelei:
• nagloper
• strandloper

Vertaling:
Engels: skeleton key, master key; walker, courier; runner; bishop; stolon, runner; cursor
Nederlands: loper; moedersleutel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: allooi
Volgende onderwerp: manifes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 10:54:30 UTC 2025