Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kopiereg
kopiereg [boodskap #130424] Sat, 21 March 2020 19:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20983
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die kopieregsimbool.
Die kopieregsimbool.
kopiereg
Afbreking: ko•pie•reg
Samestelling: kopie + reg
Uitspraak: /kʊə̯ˈpiˌrɛχ/


Selfstandige naamwoord: kopiereg
Meervoud: kopieregte

Betekenis:
• Die beskerming wat op 'n oorspronklike, kreatiewe werk van toepassing is. Eksklusiewe reg tot die reproduksie, publikasie en verkope van 'n werk.

Gebruik:
Kopiereg word in Suid-Afrika deur die Wet op Outeursreg gereël en is van toepassing vir 50 jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek, of 50 jaar na die afsterwe van die outeur indien die werk nie tydens sy leeftyd gepubliseer is nie.

Sinoniem:
• outeursreg

Vertaling:
Engels: copyright
Nederlands: kopijrecht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: amputasie
Volgende onderwerp: kraaibek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 11:17:26 UTC 2025