Leksikograaf Boodskappe: 20983 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
korona
Afbreking: ko•ro•na
Selfstandige naamwoord: korona
Meervoud: koronas
Verkleinwoord: koronatjie
Meervoud van verkleining: koronatjies
Betekenis:
• 'n Krans van lig rondom die son of ander ligbron; stralekrans.
• Die koronavirus, 'n virus in die familie Coronaviridae en subfamilie Orthocoronavirinae, wat soos 'n kroon of krans lyk.
Gebruik:
• Die korona van die Son strek miljoene kilometers in die buitenste ruimte en word die maklikste tydens 'n totale sonsverduistering gesien, maar dit is ook met 'n koronagraaf waarneembaar.
• Talle mense is tydens die epidemie in 2020 aan korona oorlede.