disfemisme [boodskap #130416] |
Sat, 21 March 2020 17:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20983 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
disfemisme
Afbreking: dis•fe•mis•me
Selfstandige naamwoord: disfemisme
Meervoud: disfemismes
Verkleinwoord: disfemismetjie
Meervoud van verkleining: disfemismetjies
Betekenis:
• Die vervanging van 'n woord of uitdrukking deur 'n growwer, vulgêrder of beledigender alternatief.
Gebruik:
• In kontras met 'n eufemisme, wat ter wille van versagting en verbloeming gebruik word, het 'n disfemisme 'n versterkende funksie.
Antoniem:
• eufemisme
Vertaling:
Engels: dysphemism
Nederlands: dysfemisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|