hoogverraad [boodskap #130400] |
Sat, 21 March 2020 09:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20983 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoogverraad
Afbreking: hoog•ver•raad
Samestelling: hoog + verraad
Selfstandige naamwoord: hoogverraad
Meervoud: –
Betekenis:
• Verraad teenoor 'n land se regering.
Gebruik:
• Hoogverraad omsluit misdrywe soos 'n staatsgreep of poging daartoe, 'n aanslag op die staatshoof, oorlog teen jou geboorteland en spioenasie.
• Persone wat hulle aan hoogverraad skuldig maak kan lewenslange tronkstraf tot selfs die doodstraf opgelê word.
Vertaling:
Engels: high treason
Nederlands: hoogverraad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|