gehug [boodskap #130388] |
Fri, 20 March 2020 18:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20983 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gehug
Afbreking: ge•hug
Selfstandige naamwoord: gehug
Meervoud: gehugte
Verkleinwoord: gehugie
Meervoud van verkleining: gehugies
Betekenis:
• 'n Groepie bymekaar staande huise. 'n Klein nedersetting, meestal sonder 'n kerk, wat kleiner as 'n dorp is.
Gebruik:
• Krugerspos is 'n gehug 25 km noordoos van Lydenburg en 25 km suidwes van Ohrigstad.
Vertaling:
Engels: hamlet
Nederlands: gehucht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|