dividend [boodskap #130362] |
Wed, 18 March 2020 18:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dividend
Afbreking: di•vi•dend
Selfstandige naamwoord: dividend
Meervoud: dividende
Verkleinwoord: dividendjie
Meervoud van verkleining: dividendjies
Betekenis:
• 'n Winsuitkering aan aandeelhouers. Die uitkering van ('n deel van die) wins aan die aandeelhouers van 'n maatskappy.
Gebruik:
• Normaalweg stel die direksie 'n dividend voor wat op die algemene jaarvergadering deur die aandeelhouers goedgekeur moet word.
Wisselvorm:
• diwidend
Afgelei:
• dividendinkomste
• dividendopbrengs
• dividendreserwe
• dividendtjek
• dividenduitkering
Vertaling:
Engels: dividend
Nederlands: dividend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|