brandsolder [boodskap #130355] |
Wed, 18 March 2020 11:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brandsolder
Afbreking: brand•sol•der
Samestelling: brand + solder
Selfstandige naamwoord: brandsolder
Meervoud: brandsolders
Verkleinwoord: brandsoldertjie
Meervoud van verkleining: brandsoldertjies
Betekenis:
• 'n Tipe solder wat 'n moontlike brand sal verhoed om na die kamers onder te versprei.
Gebruik:
• Omdat huise destyds strooidakke gehad het, is 'n dik laag klei oor die plafon aangebring om 'n brandsolder te vorm wat sou voorkom dat die huis afbrand as 'n brand in die dak ontstaan.
Vertaling:
Engels: fire loft, fire attic
Nederlands: brandzolder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|