heupbeen [boodskap #130317] |
Sun, 15 March 2020 19:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heupbeen
Afbreking: heup•been
Samestelling: heup + been
Selfstandige naamwoord: heupbeen
Meervoud: heupbene
Verkleinwoord: heupbeentjie
Meervoud van verkleining: heupbeentjies
Betekenis:
• Een van die bene van die bekkengordel (pelvis) wat bestaan uit die dermbeen, die skaambeen en die sitbeen.
Gebruik:
• Die skandering het bevestig dat die man 'n stresfraktuur aan die heupbeen het.
Sinoniem:
• os coxae
Afgelei:
• heupbeenbreuk
• heupbeenstuk
Vertaling:
Engels: hip bone
Nederlands: heupbeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|