Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » byson
byson [boodskap #130310] Sun, 15 March 2020 13:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bysonne.
Bysonne.
byson
Afbreking: by•son
Samestelling: by + son


Selfstandige naamwoord: byson
Meervoud: bysonne
Verkleinwoord: bysonnetjie
Meervoud van verkleining: nusonnetjies

Betekenis:
• 'n Natuurlike optiese fenomeen in die atmosfeer in die vorm van twee helder ligvlekke links en regs van die regte son.

Gebruik:
Bysonne ontstaan as sonlig gereflekteer en opgebreek word deur seshoekige plaatvormige yskristalle in die atmosfeer, wat op 'n vergelykbare wyse soos by 'n reënboog in die kleure van die spektrum gesplits word.

Sinoniem:
• parhelium

Verwant:
• anthelium

Vertaling:
Engels: sun dog, mock sun
Nederlands: bijzon

Nota:
• Moenie "byson" met "bison" ('n dier) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kuitbeen
Volgende onderwerp: verkas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:29:52 UTC 2025