addendum [boodskap #130301] |
Fri, 13 March 2020 06:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
addendum
Afbreking: ad•den•dum
Selfstandige naamwoord: addendum
Meervoud: addendums
Verkleinwoord: addendumpie
Meervoud van verkleining: addendumpies
Betekenis:
• 'n Toevoegsel of 'n bylaag. Dit wat later by 'n dokument of publikasie gevoeg is.
Gebruik:
• 'n Addendum in die algemeen, is 'n latere toevoeging wat nodig is om deur die outeur aangebring te word ná die druk of publikasie van die dokument.
Verwant:
• bylaag
• aanhangsel
Vertaling:
Engels: addendum, annexure, appendage, appendix, supplement
Nederlands: addendum
Nota:
• Van die Latynse uitdrukking addendum est, "(wat) bygevoeg moet word".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|