begrafnis [boodskap #130295] |
Thu, 12 March 2020 13:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
begrafnis
Afbreking: be•graf•nis
Selfstandige naamwoord: begrafnis
Meervoud: begrafnisse
Verkleinwoord: begrafnissie
Meervoud van verkleining: begrafnissies
Betekenis:
• Seremonie waarby 'n oorledene in 'n kis ter aarde bestel word. Geleentheid waartydens die laaste eer aan iemand gebring word.
Gebruik:
• Hierdie begrafnis was 'n huldeblyk aan 'n ongelooflike man wat so vroegtydig van ons weggeneem is.
Sinoniem:
• teraardebestelling
Spreekwoord:
• Te laat vir jou eie begrafnis wees. [Baie stadig wees.]
Afgelei:
• begrafnisdiens
• begrafnisfonds
• begrafnisklere
• begrafniskoste
• begrafnisondernemer
• begrafnisplegtigheid
• begrafnispolis
• begrafnisganger
• begrafnisstoet
• begrafnisvereniging
• herbegrafnis
• staatsbegrafnis
Vertaling:
Engels: funeral, burial, entombment, interment
Nederlands: begrafenis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|