werkesel [boodskap #130284] |
Wed, 11 March 2020 15:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
werkesel
Afbreking: werk•e•sel
Samestelling: werk + esel
Selfstandige naamwoord: werkesel
Meervoud: werkesels
Verkleinwoord: werkeseltjie
Meervoud van verkleining: werkeseltjies
Betekenis:
• Iemand wat altyd gedwee die harde werk doen.
Gebruik:
• Staander is 'n werkesel en so trou as 'n brak, wat om die huis groot geword het. [Ampie, Jochem van Bruggen, 1924]
Vertaling:
Engels: wage slave, workhorse, drudge, plodder
Nederlands: werkezel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|