vrek [boodskap #130282] |
Wed, 11 March 2020 15:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrek
Afbreking: vrek
Werkwoord: vrek
Verlede tyd: het gevrek
Betekenis:
• Om dood te gaan (van diere gesê).
Gebruik:
• Die bok het gevrek.
Vergelyking:
• Vrek soos vlieë.
Sinoniem:
• doodgaan
• sterf
Vertaling:
Engels: to die, bite the dust
Nederlands: verrekken, doodgaan, omkomen
Selfstandige naamwoord: vrek
Meervoud: vrekke
Betekenis:
• Iemand wat erg suinig en inhalig is.
Gebruik:
• Jy sal nie 'n sent uit die vrek kry nie.
Sinoniem:
• gierigaard
Verwant:
• vrekkerig
Vertaling:
Engels: miser, skinflint
Nederlands: vrek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|