Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sybas
sybas [boodskap #130270] Wed, 11 March 2020 09:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sybas in Kaapstad.
'n Sybas in Kaapstad.
sybas
Afbreking: sy•bas
Samestelling: sy + bas


Selfstandige naamwoord: sybas
Meervoud: sybasse

Betekenis:
• 'n Klein, immergroen boompie (Maytenus acuminata) met wit blomme en helder oranje of rooi bessies wat wydverspreid in Afrika voorkom.

Gebruik:
• Die sybas het gegroefde takke en glansend, leeragtig blare met rubberagtige, elastiese drade wat die blaardele aanmekaar hou wanneer dit geskeur is.

Verwant:
• valssybas

Vertaling:
Engels: silky bark, umNama

Nota:
• Die sybas het sy naam te danke aan die draderige "sy" wat ontstaan as die boom se sap met lug in aanraking kom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teerputs
Volgende onderwerp: tweestertjakkals
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:44:12 UTC 2025