Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geelhout
geelhout [boodskap #130261] Tue, 10 March 2020 19:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Jong geelhout in Kaapstad aan die voet van Tafelberg.
'n Jong geelhout in Kaapstad aan die voet van Tafelberg.
geelhout
Afbreking: geel•hout
Samestelling: geel + hout


Selfstandige naamwoord: geelhout
Meervoud: geelhoute
Verkleinwoord: geelhoutjie
Meervoud van verkleining: geelhoutjies

Betekenis:
• 'n Immergroen boom van die genus Podocarpus met 'n liggeel hout wat tot 40 meter hoog word.
• Die hout van die geelhoutboom.

Gebruik:
• Die opregte geelhout is Suid-Afrika se nasionale boom.
• Die ligter geelhout word dikwels met donker stinkhout as kontras vir meubels gebruik.

Hiponiem:
• breëblaar-geelhout (opregte geelhout; Podocarpus latifolius)
• Outeniekwageelhout (Afrocaprus falcatus)

Afgelei:
• geelhoutbalk
• geelhoutboom
• geelhoutkis
• geelhoutplank
• geelhouttafel
• geelhoutvloer

Vertaling:
Engels: yellowwood
Nederlands: geelhout
Sotho: mogôbagôba
Xhosa: umcheya
Zulu: umkhoba

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sloerie
Volgende onderwerp: pols
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:31:53 UTC 2025