Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sondebok
sondebok [boodskap #130257] Tue, 10 March 2020 14:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sondebok
Afbreking: son•de•bok
Samestelling: sonde + bok


Selfstandige naamwoord: sondebok
Meervoud: sondebokke
Verkleinwoord: sondebokkie
Meervoud van verkleining: sondebokkies

Betekenis:
• Iemand op wie die skuld van ander gelaai word of 'n straf namens iemand anders moet dra.
• Iemand wat skuldig is.

Gebruik:
• Ons sal moet ligloop, hulle is op soek na 'n sondebok om die skuld vir die maatskappy se swak resultate te kry.
• Hulle het die sondebok vasgetrek.

Vertaling:
Engels: scapegoat
Nederlands: zondebok

Nota:
• Afgelei van die die bok waarop die sonde van Israel simbolies oorgedra is en wat op die Groot Versoeningsdag die woestyn ingejaag is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snip
Volgende onderwerp: Sondagskind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:30:26 UTC 2025