Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rissie
rissie [boodskap #130246] Mon, 09 March 2020 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die rissieplant.
Die rissieplant.
rissie
Afbreking: ris•sie


Selfstandige naamwoord: rissie
Meervoud: rissies
Verkleinwoord: rissietjie
Meervoud van verkleining: rissietjies

Betekenis:
• Plant van die genus Capsicum of die brandende vrugte daarvan.
• (figuurlik) 'n Vrou wat baie bitsig en kwaai is; kyfagtige vrou; feeks; tierwyfie.

Gebruik:
• Die algemene reël is hoe kleiner die rissie, hoe sterker is dit.
• Sy is 'n regte rissie.

Spreekwoord:
• Rissie bo peper. [Daar is altyd 'n meerdere.]

Afgelei:
• brandrissie
• rissieagtig
• rissiepasta
• rissiepeper
• rissiepit
• rissiesous
• rissievlokkies
• soetrissie

Vertaling:
Engels: chilli; termagant, vixen
Nederlands: chili; feeks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mor
Volgende onderwerp: rouriem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:59:52 UTC 2025