Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » parasiet
parasiet [boodskap #130237] Sun, 08 March 2020 17:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wesp as parasiet wat op 'n ruspe teer.
'n Wesp as parasiet wat op 'n ruspe teer.
parasiet
Afbreking: pa•ra•siet
Uitspraak: /pɑrɑˈsit/, /pɑrəˈsit/


Selfstandige naamwoord: parasiet
Meervoud: parasiete
Verkleinwoord: parasietjie
Meervoud van verkleining: parasietjies

Betekenis:
• (biologie) 'n Dier of plant wat op 'n ander leef. Organisme wat vir sy eie voortbestaan op 'n ander lewende organisme aangewese is.
• (figuurlik) Iemand wat op 'n ander teer.

Gebruik:
• Parasitisme is 'n simbiotiese verhouding waarin die parasiet bevoordeel en die gasheer benadeel word.
• Hy is 'n regte parasiet.

Sinoniem:
• rugryer

Hiponiem:
• ektoparasiet
• endoparasiet

Vertaling:
Engels: parasite
Nederlands: parasiet, profiteur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: papbroek
Volgende onderwerp: penlekker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:18:00 UTC 2025