papbroek [boodskap #130236] |
Sun, 08 March 2020 17:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
papbroek
Afbreking: pap•broek
Samestelling: pap + broek
Selfstandige naamwoord: papbroek
Meervoud: papbroeke
Verkleinwoord: papbroekie
Meervoud van verkleining: papbroekies
Betekenis:
• Iemand wat 'n lafaard is. 'n Persoon sonder durf en moed.
Gebruik:
• Die papbroek het weggehardloop toe die eerste skoot klap.
Spreekwoord:
• Hy is 'n papbroek. [Lafaard.]
Sinoniem:
• bangbroek
• lamsak
• lafaard
• papperd
• swakkeling
• slapgat
Afgelei:
• papbroekig
Vertaling:
Engels: coward, softy, sissy, chicken
Nederlands: lafaard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|