paaiboelie [boodskap #130235] |
Sun, 08 March 2020 17:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paaiboelie
Afbreking: paai•boe•lie
Samestelling: paai + boelie
Selfstandige naamwoord: paaiboelie
Meervoud: paaiboelies
Verkleinwoord: paaiboelietjie
Meervoud van verkleining: paaiboelietjies
Betekenis:
• Persoon of ding met wie 'n mens banggemaak word.
Gebruik:
• Daai onderwyser is toe glad nie so 'n groot paaiboelie soos ons aanvanklik vertel is nie.
Sinoniem:
• bangmaakding
• bangmaker
• boeman
Vertaling:
Engels: bogeyman, bugbear, ogre, bogey
Nederlands: boeman, kinderschrik, bietebauw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|