Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » riem
riem [boodskap #130229] Sun, 08 March 2020 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Riem van wit leer.
'n Riem van wit leer.
riem
Afbreking: riem


Selfstandige naamwoord: riem
Meervoud: rieme
Verkleinwoord: riempie
Meervoud van verkleining: riempies

Betekenis:
• 'n Band van leer of 'n soortgelyke materiaal.

Gebruik:
• In die ou tyd het mans 'n riem om die lyf gedra om te keer dat hulle broeke afval.

Spreekwoord:
• Iemand se riem afsny. [Iemand bedrieg.]
• Dis 'n riem onder die hart. [Dis 'n groot bemoediging.]
• Hy is met 'n slap riem gevang. [Iemand sonder moeite in jou mag kry.]
• Die knoop sit aan die end van die riem. [Die moeilikheid kom eers later.]

Afgelei:
• lunsriem
• skoenriem
• vangriem

Vertaling:
Engels: belt, thong, strap, riem
Nederlands: riem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luns
Volgende onderwerp: manteldraaier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:18:13 UTC 2025