lokvink [boodskap #130224] |
Sun, 08 March 2020 06:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lokvink
Afbreking: lok•vink
Samestelling: lok + vink
Selfstandige naamwoord: lokvink
Meervoud: lokvinke
Verkleinwoord: lokvinkie
Meervoud van verkleining: lokvinkies
Betekenis:
• Iets of iemand wat ander in 'n lokval lei.
Gebruik:
• Die eerste groep is gister gevang toe 'n lokvink 'n "transaksie" met lede van 'n smokkelnetwerk beklink het.
Sinoniem:
• lokvoël
Vertaling:
Engels: decoy, police-trap
Nederlands: lokvink
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|