lekkerbek [boodskap #130223] |
Sun, 08 March 2020 06:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lekkerbek
Afbreking: lek•ker•bek
Samestelling: lekker + bek
Selfstandige naamwoord: lekkerbek
Meervoud: lekkerbekke
Verkleinwoord: lekkerbekkie
Meervoud van verkleining: lekkerbekkies
Betekenis:
• Iemand wat uitsoekerig is en van lekker kos hou.
Gebruik:
• Hy is 'n regte lekkerbek.
• 'n Land se kookkuns kan nooit eintlik beoordeel word volgens wat aan die lekkerbek in hotels voorgesit word nie. [Polfyntjies, C.L. Leipoldt, 1963]
Sinoniem:
• fynproewer
• smulpaap
Verwant:
• lekkerbekkig
Vertaling:
Engels: gourmand
Nederlands: lekkerbek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|