kripvreter [boodskap #130216] |
Sat, 07 March 2020 19:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kripvreter
Afbreking: krip•vre•ter
Samestelling: krip + vreter
Selfstandige naamwoord: kripvreter
Meervoud: kripvreters
Verkleinwoord: kripvretertjie
Meervoud van verkleining: kripvretertjies
Betekenis:
• Iemand wat in die staatsdiens werk (en weinig daarvoor verdien).
Gebruik:
• Ek wonder of die vet staatsamptenare vandag nog kripvreters genoem kan word, veral diegene wat die geld so verduister!
Vertaling:
Engels: civil servant
Nederlands: ambtenaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|