haantjie [boodskap #130196] |
Sat, 07 March 2020 07:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haantjie
Afbreking: haan•tjie
Selfstandige naamwoord: haan
Meervoud: hane
Verkleinwoord: haantjie
Meervoud van verkleining: haantjies
Betekenis:
• 'n Klein hoenderhaan.
• Iemand wat baie veglustig en parmantig is.
Gebruik:
• Daar is niks mooier as 'n haantjie op die plaas wat mens in die oggend wakker kraai nie.
• Hy is 'n regte haantjie.
Spreekwoord:
• Hy hou sy lyf haantjie. [Hy is vrypostig, vryerig.]
• Hy is haantjie die voorste. [Hy is op die voorpunt van die kwaaddoenery.]
Antoniem:
• hennetjie
Afgelei:
• haantjieagtig
• haantjiesagtig
Vertaling:
Engels: small cock, rooster
Nederlands: haantje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|