hierjy [boodskap #130195] |
Sat, 07 March 2020 06:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hierjy
Afbreking: hier•jy
Samestelling: hier + jy
Selfstandige naamwoord: hierjy
Meervoud: hierjys
Verkleinwoord: hierjytjie
Meervoud van verkleining: hierjytjies
Betekenis:
• Vabond; lummel.
• 'n Gewone mens of ding.
• Iemand wat gehiet en gebied kan word.
Gebruik:
• Die hierjy het my handsak gesteel!
• Die matriek-eindeksamen is nie sommer vir enige hierjy nie.
• Ek is nie jou hierjy nie!
Vertaling:
Engels: lout
Nederlands: pummel, slungel, lomperd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|