neul [boodskap #130187] |
Fri, 06 March 2020 19:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
neul
Afbreking: neul
Werkwoord: neul
Verlede tyd: het geneul
Teenwoordige deelwoord: neulende
Betekenis:
• Aanhoudend lastig val; pla; sanik; lol.
Gebruik:
• Party tieners het, soos jonger kinders, geleer dat hulle ouers hulle hulle sin sal gee as hulle aanhou neul.
Spreekwoord:
• Wat jonk is, speel graag; wat oud is, neul graag. [Kinders hou daarvan om te speel en ou mens om te kla.]
Afgelei:
• neulend
• neulerig
• neulery
• neulkous
• neulpot
Vertaling:
Engels: to whine, moan, nag
Nederlands: zeuren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|