Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » esel
esel [boodskap #130185] Fri, 06 March 2020 14:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Esel.
'n Esel.
'n Esel.
'n Esel.
esel
Afbreking: e•sel
Uitspraak: /ˈɪə.səl/


Selfstandige naamwoord: esel
Meervoud: esels
Verkleinwoord: eseltjie
Meervoud van verkleining: eseltjies

Betekenis:
• (soogdier) 'n Donkie (Equus asinus), perdagtige dier met lang ore.
• (gereedskap) Meubelstuk/driepoot waarop 'n skildery of skilderdoek staan.
• (pejoratief) 'n Domkop; steeks of koppige mens.

Gebruik:
• Die esel balk aanhoudend.
• Die skilder het 'n doek op sy esel gesit.
• Jy is 'n esel omdat jy die sleutels verloor het.

Spreekwoord:
• Jy kan nie van 'n esel 'n perd maak nie. ['n Onopgeleide persoon kan nie geskoolde werk verrig nie.]
• 'n Esel stamp hom nie twee maal aan dieselfde klip nie. [Wie iets onaangenaams ondervind het, vermy dit voortaan.]
• 'n Mens kan van 'n esel altyd 'n skop verwag. [Van 'n slegte persoon kan 'n mens altyd verwag om sleg behandel te word.]

Sinoniem:
• donkie

Hiponiem:
• pakesel
• werkesel

Afgelei:
• eseldrywer
• eselhings
• eselkos
• eselmerrie
• eseloor
• eselskakebeen
• eselwa

Vertaling:
Engels: donkey, ass; easel; blockhead
Nederlands: ezel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eenloper
Volgende onderwerp: pampoenkop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:51:46 UTC 2025