eenloper [boodskap #130184] |
Fri, 06 March 2020 14:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eenloper
Afbreking: een•lo•per
Samestelling: een + loper
Selfstandige naamwoord: eenloper
Meervoud: eenlopers
Verkleinwoord: eenlopertjie
Meervoud van verkleining: eenlopertjies
Betekenis:
• Iemand wat hom van die groep afskei.
Gebruik:
• Kannemeyer toon dat Leipoldt 'n eenloper was en dat die benaming ‘driemanskap’ wat hom, Totius en Jan Celliers in een kraal wou dwing, 'n dwaling was.
Sinoniem:
• eenspaaier
• enkelganger
• alleenmens
• alleenloper
Verwant:
• kluisenaar
Vertaling:
Engels: loner
Nederlands: eenling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|