Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doring
doring [boodskap #130175] Fri, 06 March 2020 05:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tak met dorings.
'n Tak met dorings.
doring
Afbreking: do•ring


Selfstandige naamwoord: doring
Meervoud: dorings
Verkleinwoord: dorinkie
Meervoud van verkleining: dorinkies

Betekenis:
• Skerp uitsteeksel aan 'n plant.
• Iemand wat 'n knap stukkie werk verrig het.

Gebruik:
• Eina, 'n doring het my gesteek.
• Jou doring!

Spreekwoord:
• Dis 'n doring in die oog. [Iets hinderliks, ergerliks.]
• Dis vir my 'n doring in die vlees. [Dis iets wat my erg hinder of irriteer.]
• Kyk so 'n doring! [Skertsend gesê van iemand wat presteer het.]

Hiponiem:
• pendoring
• soetdoring

Afgelei:
• doringagtig
• doringblaar
• doringblad
• doringboom
• doringbos
• doringdraad
• doringkroon
• doringloos
• doringrig
• doringskerm
• doringstruik
• doringtak

Vertaling:
Engels: thorn, prickle, spine
Nederlands: doorn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: derdegelui
Volgende onderwerp: derdemannetjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:58:32 UTC 2025