Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buffel
buffel [boodskap #130172] Thu, 05 March 2020 20:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20978
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Buffel.
'n Buffel.
buffel
Afbreking: buf•fel


Selfstandige naamwoord: buffel
Meervoud: buffels
Verkleinwoord: buffeltjie
Meervoud van verkleining: buffeltjies

Betekenis:
• Hoefdier van die familie Bovidae wat in Suid-Afrika en elders in Afrika voorkom, Syncerus caffer.
• (figuurlik) Iemand wat baie nors en stuurs is. 'n Ongeskikte (mans)persoon.

Gebruik:
Buffels is groot herkouende beeste met groot koppe en dik nekke.
• Hy is 'n regte buffel.

Spreekwoord:
• Iemand moet net horings hê, dan is hy 'n buffel. [Hy is 'n baie onbeskofte mens.]

Sinoniem:
• Kaap-buffel

Afgelei:
• buffelagtig
• buffelbul
• buffelhoring
• buffeljag
• buffelkamp
• buffelkoei
• buffelleer
• buffelspoor
• buffeltrop

Vertaling:
Engels: buffalo; rude fellow
Nederlands: buffel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boekwurm
Volgende onderwerp: bullebak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 23:45:38 UTC 2025