alleenloper [boodskap #130156] |
Wed, 04 March 2020 14:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
alleenloper
Afbreking: al•leen•lo•per
Samestelling: alleen + loper
Selfstandige naamwoord: alleenloper
Meervoud: alleenlopers
Verkleinwoord: alleenlopertjie
Meervoud van verkleining: alleenlopertjies
Betekenis:
• Iemand wat alleen uitgaan en by hom- of haarself hou.
Gebruik:
• Sommige is van mening dat die mens by uitstek 'n sosiale wese is en dat die alleenloper wat nie wil meng nie as 'n afwykings beskou moet word.
Sinoniem:
• eenspaaier
• enkelganger
• alleenmens
• eenloper
Verwant:
• kluisenaar
Vertaling:
Engels: loner
Nederlands: eenling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|