Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agie
agie [boodskap #130154] Wo., 04 Maart 2020 14:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24909
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agie
Afbreking: a•gie


Selfstandige naamwoord: agie
Meervoud: agies
Verkleinwoord: agietjie
Meervoud van verkleining: agietjies

Betekenis:
• Iemand wat baie nuuskierig is.

Gebruik:
• Is jy 'n nuuskierige agie wat mal is daaroor om vrae te vra en interessante feite te leer?

Spreekwoord:
• Nuuskierige agies kry pyn op hul magies!
• Hy is 'n nuuskierige agie. [Hy is baie weetgierig.]

Sinoniem:
• bemoeial
• bemoeisieke
• bemoeisugtige

Vertaling:
Engels: inquisitive person
Nederlands: aagje

Nota:
• Van A. van Bogaert se klugspel, ''Kluchtigh Avontuurtje van 't Nieuwsgierigh Aeghje van Enckhuysen'' (Amsterdam, 1679).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aasvoël
Volgende onderwerp: agterryer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Apr. 22 07:59:16 UTC 2026