voorganger [boodskap #130148] |
Wed, 04 March 2020 12:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorganger
Afbreking: voor•gang•er
Selfstandige naamwoord: voorganger
Meervoud: voorgangers
Verkleinwoord: voorgangertjie
Meervoud van verkleining: voorgangertjies
Betekenis:
• Iets of iemand wat voor 'n ander iets gedoen of 'n pos beklee het.
• Iemand wat verrigtinge lei, soos 'n dominee tydens 'n diens.
Gebruik:
• Sy voorganger het duidelike instruksies agtergelaat. Was die mens se voorganger 'n aap?
• Die voorganger besig 'n taal wat die gewone lidmate nie begryp nie.
Antoniem:
• opvolger
Vertaling:
Engels: predecessor
Nederlands: voorganger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|