vegetariër [boodskap #130141] |
Wed, 04 March 2020 11:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vegetariër
Afbreking: ve•ge•ta•ri•ër
Selfstandige naamwoord: vegetariër
Meervoud: vegetariërs
Verkleinwoord: vegetariërtjie
Meervoud van verkleining: vegetariërtjies
Betekenis:
• Persoon wat net plantaardige voedsel inneem; iemand wat nie vleis eet nie.
Gebruik:
• 'n Vegetariër kan maklik 'n tekort aan vitamien B12, yster, kalsium en/of vitamien C ontwikkel.
Verwant:
• vegetarisme
Vertaling:
Engels: vegetarian
Nederlands: vegetariër
Nota:
• 'n Dier wat net plante eet word 'n plantvreter of herbivoor genoem.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|