slippedraer [boodskap #130133] |
Wed, 04 March 2020 09:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20978 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slippedraer
Afbreking: slip•pe•dra•er
Selfstandige naamwoord: slippedraer
Meervoud: slippedraers
Betekenis:
• (figuurlik) 'n Slaafse navolger. Persoon wat na ander se pype dans. Iemand wat sonder om na te dink alles doen wat van hom verwag of gevra word.
• (argaïes) 'n Eredraer by 'n begrafnis.
Gebruik:
• Suid-Afrika gedra hom soos 'n slippedraer van Sjina!
• Vroeër jare het die slippedraers die punte van die roukleed wat oor 'n lyk of kis gedrapeer is gedra, terwyl die draers die kis of baar waarop die lyk was gedra het.
Wisselvorm:
• slipdraer
Vertaling:
Engels: subservient person; one who carries a slip
Nederlands: slippendrager
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|