prulskrywer [boodskap #130112] |
Tue, 03 March 2020 06:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prulskrywer
Afbreking: prul•skry•wer
Samestelling: prul + skrywer
Selfstandige naamwoord: prulskrywer
Meervoud: prulskrywers
Verkleinwoord: prulskrywertjie
Meervoud van verkleining: prulskrywertjies
Betekenis:
• Iemand wat onbeduidende gedigte of verhale skryf.
Gebruik:
• Enige prulskrywer kon daardie snert bymekaargooi.
• Sommige kritici en aanhangers beskou hom as 'n genie, terwyl ander hom as 'n prulskrywer beskryf.
Vertaling:
Engels: quill-driver, scribbler
Nederlands: prulschrijver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|