patriot [boodskap #130089] |
Sun, 01 March 2020 17:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
patriot
Afbreking: pa•tri•ot
Selfstandige naamwoord: patriot
Meervoud: patriotte
Verkleinwoord: patriotjie
Meervoud van verkleining: patriotjies
Betekenis:
• Iemand wat trots is op sy land en bereid is om daarvoor te veg. 'n Persoon wat vaderlandsliefde betoon.
Gebruik:
• Wie is dan die patriot en wie dien bloot sy eie belange?
• Amerikaanse patriotte het vragte tee van Britse skepe in die Bostonhawe gestort.
Sinoniem:
• volksman
• vaderlander
Afgelei:
• sakpatriot
Verwant:
• patrioties
• patriotisme
Vertaling:
Engels: patriot
Nederlands: patriot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|